Premium BEEF

beef cut variations

Sustainably Sourced

At LOSLOOP, we believe that great beef starts with great care. That’s why we offer premium cuts of beef from cattle raised on open pastures, fed a natural, grass-based diet, and never treated with routine antibiotics or growth stimulants.

Our commitment to ethical farming practices ensures that each bite is not only delicious but also sustainably sourced.

Why chooseLosloop

100% grass fed & free range

Our cattle roam freely on lush, green pastures where they can graze naturally, ensuring the highest quality beef with a rich, distinctive flavour.

No routine antibiotics, no growth stimulants

We prioritize the health and well-being of our animals. That means no routine antibiotics or growth stimulants – just clean, wholesome beef the way nature intended.

Sustainable farming practices

Our commitment to sustainability means that we take care of the land, the animals, and the environment, all while delivering top-tier beef to your table.

Ethical & transparent

We believe in transparency from farm to fork. With LOSLOOP, you know exactly where your meat comes from, and you can trust that it’s raised with respect and care every step of the way.

Taste the Difference

When you choose LOSLOOP, you’re choosing more than just high-quality beef. You’re choosing a product that supports better farming practices, promotes animal welfare, and contributes to a healthier planet.

Our grass-fed, free-range beef is full of flavour and nutrients, providing a truly exceptional taste that you’ll savour in every bite.

Gelukkige beeste gebeur nie net nie.

Dit vat ’n boer soos John Whitehead om sy droom in ’n plan om te skakel.

Hier is die storie uit die bees se bek

My liefde vir bees is ’n uitvloeisel van ’n sterk entrepreneurstreep. Aanvanklik was beeste net ‘n manier om van punt 1 na punt 2 na punt 3 te beweeg. Die geld wat ek uit bees sou maak, het ander projekte soos varke, duiwe en hoenders gefinansier. Dit was eers jare later wat beeste se unieke kenmerke, persoonlikheid en intelligensie my aandag getrek en my aangespoor het om hulle beter te leer ken.

Die Tsitsikamma waar ek grootgeword het, was hoofsaaklik bekend vir suiwel en vleisbeesrasse was ‘n rare verskynsel. Tydens veilings kon ek myself verkyk aan die diere en het daar ’n diep begeerte in my posgevat om van hierdie, volgens my, ‘rare’ beesrasse te besit.

Eers nadat ons van die Tsitsikamma na die Overberg verhuis het, het ek die geleentheid gekry om my eerste kudde aan te skaf – hoofsaaklik Simbra X Limousine-koeie. Die geboorte van elke kalfie was ’n hoogtepunt en ek kon elke dag met trots toekyk hoe hierdie diertjies in grootte en persoonlikheid groei. Die dae het te min ure gehad om te boer én tyd tussen die beeste te spandeer. Gevolglik het ek meer tyd en aandag aan die beeste begin gee en karaktertrekke begin waarneem wat ek nooit vantevore opgemerk of waardeer het nie.

Beeste se reuk- en sigsintuie word grootliks onderskat en is veral opmerklik by koeie met jong kalwers. Tweedens het die kieskeurige manier waarop hulle wei my ook opgeval wanneer hulle soms, volgens my, onsmaaklike kos bo groen gras verkies.

Gelukkig het die bestuur en die finansiële implikasies ons genoodsaak om van kuddebestuur na spekulant oor te beweeg. Die boerderypraktyk verg ‘n groter klem op bestuur en finansiële beplanning.

Die tyd is nou reg vir ons om A-graad karkasse van die hoogste gehalte aan Food Lovers Hermanus te lewer met die oog op verbruikers wat:

  • beesvleis met ‘n besonderse ‘groen’ smaak verkies;
  • aandring op vleis wat natuurlik geproduseer word sonder die hedendaagse hormoonaanvullings en daaglikse antibiotikas.

Ons glo hierdie twee kenmerke sal LOSLOOP se beesvleis ‘n voordeel in die mark gee wat vir my as boer volhoubaarheid tot gevolg sal hê – ’n wen-wen situasie vir vleisfynproewers én my toegewyde boerdery.

Smaaklike ete!

LOSLOOP-groete,
John